Wat beplan jy vir die 1ste September? Dis 'n donderdag so ek vermoed seker nie veel nie. Wel.... not for long!
Die girls op
OnsHekel het Maandag besluit dat 1 September elke jaar
Handewerk-In-'n-Koffiewinkel Dag sal wees. Sommer net so, want ons kan.
Die ding het begin toe Christelle, van
Haak en Stekie, 'n link na
Idees Tydskrif se stunning gehekelde stoel, ontwerp deur Cornel Strydom van Craftshare en
I love Pom-Poms, gepost het op die muur. Dit bestaan uit honderde blokkies en Idees doen ook mos 'n YarnBomb later in September so die logiese volgende stap is vir almal om saam te hekel en brei aan blokke. (Wel, dis logies as jy 'n wol fanatikus is.)
Binne drie comments is 1 September herdoop as die dag waarop almal wat kan brei, kwilt, borduur, kruissteek, watookal, dit in koffiewinkels moet gaan doen in 'n groep of op jou eie. Daar is selfs alreeds bymekaarkomplekke in Anisa se
Succulent Cafe in die Woodlands Boulevard sentrum en die
18th Avenue Bakery & Cafe (albei in Pretoria) gereƫl.
So komaangirls, maak julle naalde, penne, spelde, wol, materiaal en skertjies bymekaar en vaar die koffiewinkels in!!! Julle hoef nie eens te wag vir 1 September nie. Kry 'n oefenlopie in sommer hierdie naweek en deel die foto's met ons op OnsHekel.